Ad-land Video Production Company

Produk Video - Stel jou produkte bekend

Ons het almal produkte van die een of die ander aard om te verkoop. Die vraag na ons produkte hang af van die vermoë daarvan om 'n behoefte in die mark te bevredig. Selfs die beste produk sal nie verkoop as jy dit nie aan die teikenmark bekendstel nie en hulle oortuig dat dit aan hul behoeftes sal bevredig nie.

Ek is seker jy kan aan 'n beter voorbeeld vir 'n produk video dink wat is meer van toepassing tot jou situasie, maar die volgende voorbeeld verduidelik presies die punt. As jy 'n produk of diens het wat:

Bestaan uit swaar masjinerie wat ‘n paar ton weeg, word bedryf in afgeleë gebiede, byvoorbeeld die 3000 meter ondergronds, of in 'n ander land of kontinent, sal 'n dag of meer uit 'n kliënt se lewe neem om te demonstreer.
Aan watter ander media, anders as video, kan jy dink wat al die voordele van die produk in 5 na 10 minute wys, asof jy daar is? En die voordeel is, dit kan môre vertoon word en die dag daarna.

Baie besluitnemers het nie die tyd om af te staan aan lang demonstrasies nie. Dit maak die besluitneming proses soveel makliker as jy kan wys presies wat jou produk of maatskappy kan doen, reg in hul kantoor. 'n Goed gestruktureerde produk video kan dalk net die skaal swaai in jou guns, gegewe dat al die ander faktore soos prys, diens en na verkope nasorg is ge-optimaliseer.

Die Finale produk

Ons finale produk is 'n professionele CD of DVD, gereed om te speel op die meeste rekenaars en DVD-spelers, verpak volgens jou behoeftes. 'n Goeie pakket verhoog die kans dat jou Produk Video gekyk sal word.