Ad-land Video Production Company

DVD Kopieë - Netjiese verpakking en DVD duplisering

Hierdie is 'n natuurlike uitbreiding van ons kernbesigheid, video produksies. Soos met ons redigering het ons 'n toegewyde rekenaar wat nie verbind tot die internet nie om die kopieë te doen. Dit, tesame met anti-virus programme maak dit bykans onmoontlik om virus-infeksies te kry, 'n ware besorgdheid vir baie maatskappye. Ons is nie in die onwettige DVD kopieërings mark nie.

Ons DVD’s

Ons gebruik net Verbatim DVD's en CD's vir ons afskrifte om uitstaande gehalte te verseker.

Drukwerk word deur ‘n Canon Inkjetprinter gedoen tot 600 DPI.

Ons gebruik net Hoë Resolusie 106g / m² papier vir ons drukwerk.

Ons kan laaste minuut afskrifte doen indien nodig.

Ontwerp

Volkleur-ontwerp: R600-00 per projek. Al die elemente (Foto's, logos & Grafika) verskaf deur die kliënt. Ons beskik oor die vermoëns om toepaslike bron materiaal te skep.

DVD- Kopieë

DVD-Verpak in 'n DVD kas met volkleur print op DVD en die omslag blad:
R32.25 per DVD - Tot 100 Kopieë.

CD Kopieë

CD - Verpak in 'n CD kassie met volkleur print op CD en die omslag blad:
R25.50 per CD - Tot 100 Kopieë.

Vir spesiale behoeftes en grootmaat duplisering, kontak ons asseblief